
LAST-MINUTE EASTER ACCOMMODATION SPECIALS

Lake Pleasant Oord - Sedgefield, Wes-Kaap
Kamp & Leef Gekose Oord
‘n Rustige skaduryke oord, geleë halfpad tussen Wildernis en Knysna op die kant van Groenvlei, die Tuinroete se enigste varswatermeer. Groenvlei is deel van die Goukamma Natuurreservaat en deel van die Tuinroete Nasionale Park. Die Goukamma Natuurreservaat, aan die oord se oostelike grens, is meer as 2500hektaar of 50km². Lake Pleasant Oord spog dat hulle die enigste oord is wat 3-ster gegradeerde Timber Cottage & Garden Lodges met diens aanbied, sowel as woonwa/kampering langs ‘n varswatermeer in die Suid-Kaap. Ons oord-bestuur verwelkom al die gaste en nooi u uit om ‘n onvergeetlike vakansie by ons te geniet waar u al die vermake van die Suid-Kaap en die omgewing kan verken. Of u dit geniet om te kamp, vis te vang, te stap of om te swem, Lake Pleasant Oord is die mees sentrale punt. Of dit die see is wat u roep om te kom hengel, of die rustigheid en baie voëls van die park u aanlok – ontspan en raak rustig by ons – en, soos baie binnelanders en internasionale besoekers uitgevind het, sal u ons verlaat met verlange na u volgende besoek.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.